Grafsteen Sangers – Skryf Vir My 'n Briefie lyrics

Skryf vir my ‘n briefie op jou toebroodjiepapier
So flous ons die sipier, met die briefie wat jy stuur.
Saans as die maan en die sterretjies loer
Sit ek en lees op die vloer.

Koor:
Oorlede Lettie, Oorlede Lettie, Oorlede Lady Louw....

Stuur vir my ‘n vyl in jou volgende geskenk
So help my vroutjie my, om my uit die tronk te kry
Saans as die maan en die sterretjies loer
Sit ek en vyl op die vloer.

Bring vir my ‘n pik as jy my weer kom besoek
So help jy my, my vrou, om my pad hier uit te grou
Saans as die maan en die sterretjies loer
Sit ek en pik op die vloer.

Koor

Sit ek en pik op die vloer...

Submitted by Guest