Grafsteen Sangers – Moenie Aan Pappie Meer Sjerrie Verkoop Nie lyrics

Moenie aan Pappie meer sjerrie verkoop nie
Anders kom hy nie huis toe vanaand
Ons is baie honger en Mams is verdrietig
0, gee hom geen sjerrie vanaand

Ek loop langs die straat in 'n kleine ou dorpie
Hier naby my huis is die kantien
Daar staan 'n klein seuntjie; hy Iyk so armoedig
sy vader word binne bedien.

Die kind het gebewe en hardop gesoebat
Sy woorde vertel ons jou nou:

"Ons is so gelukkig as pappie weer tuis is
Met liefde omring hy ons dan
Maar een bottel sjerrie maak hom so wreedaardig
As mammie dan huil slaat hy haar
Dan het hy g'n liefde vir mammie en ons nie
hy wil ons dan altyd verlaat."

So

Moenie aan Pappie meer sjerrie verkoop nie
Anners gaan hy nie huis toe vanaand
Ons is baie honger en Mams is verdrietig
O, gee hom geen sjerrie vannaand!

(O'Neill)

Submitted by Guest