Grafsteen Sangers – Daar Onder In Die Vlei lyrics

Daar onder in die vlei brand ‘n liggie
Dis die liggie van my moeder wat sit en wag
Sy’t geskrywe, Boetie kom jy dan nie terug nie
Want dit is tog so allenig innie nag

Koor 1:
My moeder skrywe kom tog huis toe
Die brief is met trane bespat
Ek moet nou terug na my moeder
Na my plekkie voor die rusbank op die mat

‘n Foto van ‘n meisie in die hoekie
van my oorlede vader se portretraam
Ek weet ek kan nie meer liefde soek nie
Want ek hoort my bitterlik te skaam

Koor 1

Die heimwee stoot op in my gorrel
As my moeder ‘n lang traan los
Waar sy staan hier by my skeeloog boetie
Se graffie oortrek met mos

Koor 2:
Hy het mos gesterwe van verlange
Nog sommer net eergisternag
Met die trane nog nat op sy wange
Lê hy op sy ouboet en wag...

Submitted by Guest