Battery 9 – Binnekant Groei Die Pyn lyrics

My las is swaar maar my luim is lig
Daar is moord in my hart en 'n smile op my gesig
Die mure blits rooi in my ekstatiese gemoed
Die moordkuil in my hart word 'n
See van bloed
Dit trek my uitmekaar
Dit vreet my op van binne
Dit vermink my woorde en beroof my van my sinne

Bespreek jou kaartjie en suip maar jou wyn
Jy sal nooit kan vlug nie
Binnekant groei die pyn

Ek sal nooit gewoond kan raak om so die heeltyd te smag nie
Maar ek weet darem ten minste my brein word nie verkrag nie
Dan voel ek die haat in my groei soos 'n kanker
Dalk kan ek myself net daaraan probeer anker
En vasskop en terugveg ten goede of ten kwade
Ek sal vrek op die plek voor ek vra vir genade

Spartel met jou kersie
As die son ophou skyn
Jy sal nooit ontsnap nie
Binnekant groei die pyn

Submitted by Guest