Battery 9 – Swangesang Van Boelie Niemand lyrics

Nou is alles stukkend
Fucked-up, moertoe gebreek
Lady luck het 'n stokkie voor
My happiness gesteek

Ek is moeg ek is siek
Ek is sat ek wil loop
Ek sal haar dwing om vir my
'N laaste drankie te koop

Die aasvoëls en die honde
Soek my bloed
Ten spyte van bogenoemde
Gaan dit baie goed

Red wat daar te redde is
Vermy net die net
Want die wonde en die littekens
Is al wat ek oorhet

Die skerwe van die lewe is my fondamente
Die opgefoktes is my beste vriende
En my beste kliënte

Submitted by Guest